Jan & Marionette – Toonbeeld van God se genade
In ‘n tyd van my lewe wat ek nie meer elke troue en projek BLOG nie, wil ek graag hiérdie een doen! En nog beter, in afrikaans!
Hiérdie besondere twee mense het van verskeie oorde ons pad gekruis. Vir jare ken ons beide se sussies en só ook vir Jan wat ons altyd genader het om sy spesiale herinneringe in sy lewe vas te vang. En juis deur Jan se lewe, word ons herinner van die gebrokenheid en tydelikheid van hiérdie aardse lewe. Maar nie net dit, dat daar ‘n lewende HOOP is in die seer en onsekere verloop van ons lewens. Jan, wat al sterker vasgryp aan Sy Skepper as anker in die storms van die lewe en verstaan dat die eer nie syne is nie, maar dié van Sy Heer…is vir my ‘n toonbeeld van God se genade! Want wie sou kon raai dat die Here nog ‘n kosbare vrou as skat vir hom voorberei! Net die Here wat al ons tye in Sy hand vashou, is die Meester hiervan.
En só is dit vir my ‘n voorreg om hiérdie pragtige dag van eg verbintenis, ten toon te stel vir julle kosbare vriende en familie en almal wie se lewens julle aanraak. Dankie dat ek in julle mooi getuienis van liefde en hoop kan deel. Dankie vir julle liefde vir die Here! Mag julle HOM raadpleeg in elke tree en Hy julle paaie gelykmaak.
Met soveel liefde, Lucinda
O, diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, en hoe onnaspeurbaar sy weë! Want wie het die gedagte van die Here geken? Of wie het as sy raadsman opgetree? Of wie het eers gawes aan Hom gegee, vir wie Hy dit sou moes vergoed? Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom kom die heerlikheid vir ewig toe! Amen. – Romeine 11:33-36
Spesiale bedankings…uit Marionette se hart:
Lucinda & Petrus du Toit – Nog nooit het ons enige iemand so professioneel en passievol oor hulle handewerk beleef nie! Lucinda en Petrus, baie dankie vir julle ongelooflike werk en liefde vir my en Jan se spesiaalste dag ooit!! Julle het ons baie spesiaal laat voel!! Baie dankie Lucinda en Petrus
Melco – Melanie Stoop – My sussie, jy het my soos ‘n prinses laat lyk en voel!! Jou passie vir grimering is ongelooflik, en ek is so dankbaar dat jy my grimering gedoen het!! Dit was ‘n GROOT voorreg gewees!! Baie dankie Melanie
The Skin Consultant – Liesel, jy het die meisies so ongelooflik mooi laat lyk! Beeldskoon! Hulle almal was bitter gelukkig en mal oor hul grimering!! Jy het ‘n fantastiese werk gedoen!! Ons waardeer jou ongelooflik baie!! Baie dankie Liesel
Salon Fidés – Adeile, hoe kan ek ooit genoeg woorde hê vir iemand wat so spesiaal is, en wat al meer as 15jaar lank my hare doen! Dis ‘n pad wat ek met jou gestap het al vir so lank! Ek waardeer jou ongelooflik baie!! Jy laat my ALTYD op my beste lyk! Jy het al so diep in my hart gekruip, en dit was ‘n voorreg vir my dat jy my soos ‘n prinses laat lyk het op my spesiaalste dag in my lewe!! Baie dankie Adeile
Immagika – Marelize…O wow!! Jy het al my verwagting oortref!! Jy is die top punt van iemand wat weet waarvan hulle praat!! Jy het my soos ‘n absolute prinses laat voel en lyk!! Jou werk is ongelooflik!!! Baie dankie Marlize!!!
Pastoor Mario Steyn – Baie dankie dat jy vir ons tyd afgestaan het vir my en Jan se spesiaalste dag ooit!! Dit was ‘n ongelooflike spesiale boodskap wat ons huwelik sal sterk hou vir jare om te kom! Jy is nie net ons Pastoor nie, maar ‘n goeie vriend wat vir ons baie kosbaar is!! Baie dankie Mario
Silver Star Function Hiring – Herkie, baie dankie vir die pragtige troukoek, dit was nie net stunning nie, maar ook heerlik geproe!! Uit die boonste rakke!! Baie dankie Herkie
Maritza Juweliers – Tannie Joey het soveel liefde en deurnis vir tannie se kliënte! Dis die mooiste ringe ooit, en my en Jan se trou aan mekaar is nou in styl aan mekaar belowe
Imperfect Perfection – Lenè en span….woorde kan nie eers beskryf hoe bevoorreg ek en Jan voel dat ons julle kon ontmoet en by julle pragtige venue kon trou nie!! Julle is die definisie van omgee en liefde, en julle toewyding tot ons en ons spesiale dag was ongelooflik!! Ons het sommer nóg spesiale vriende in ons lewe bygekry!! Baie dankie Lenè en span
Die Meester van ons Seremonie – Paul, toe ons iemand moes kies om ons MC te wees, was daar nie eers twyfel oor wie om te vra, want jy is nie net ‘n ongelooflike vriend nie, maar iemand na wie ons ook opkyk en soveel respek voor het! Paul, soos altyd het jy ‘n uitstekende werk gedoen met ons troue! Baie dankie dat jy ons spesiale dag net nog beter gemaak het!!! Ons is jou ewiglik dankbaar!!!
Ons gevolg, Gareth, Carl, Danré en Wayne, Nicola, Melanie, Danmari, Cathy en Marita – Julle maak die lewe lekker!!!!! Ons is só ongelooflik bevoorreg om julle in ons lewe te hê! Ons harte bars van liefde vir julle almal!!! Dit was amazing om julle almal langs ons sy op ons spesiale dag te hê!!! Sommer baie lief vir julle almal!!!
Flashmoppers – Baie baie dankie aan al ons vriende wat soveel FUN was saam met ons!!! Baie baie dankie dat julle die oefentye, uit julle besige skedules, opgeoffer het om die aand net nóg meer spesiaal te maak!!! Dit was GROOT pret en ons sal dit NOOIT VERGEET NIE!!!! Sommer baie lief vir julle almal!!
















































































































































BEAUTIFUL, BEAUTIFUL. God se rykste se?n vir julle en mag Hy altyd die Hoogste prioriteit in jul lewe en toekoms vorentoe wees.