• Home
  • Posts Tagged'Cinema d’Art'

Posts Tagged ‘Cinema d’Art’

Jan & Marionette – Toonbeeld van God se genade

In ‘n tyd van my lewe wat ek nie meer elke troue en projek BLOG nie, wil ek graag hiérdie een doen! En nog beter, in afrikaans!

Hiérdie besondere twee mense het van verskeie oorde ons pad gekruis. Vir jare ken ons beide se sussies en só ook vir Jan wat ons altyd genader het om sy spesiale herinneringe in sy lewe vas te vang. En juis deur Jan se lewe, word ons herinner van die gebrokenheid en tydelikheid van hiérdie aardse lewe. Maar nie net dit, dat daar ‘n lewende HOOP is in die seer en onsekere verloop van ons lewens. Jan, wat al sterker vasgryp aan Sy Skepper as anker in die storms van die lewe en verstaan dat die eer nie syne is nie, maar dié van Sy Heer…is vir my ‘n toonbeeld van God se genade! Want wie sou kon raai dat die Here nog ‘n kosbare vrou as skat vir hom voorberei! Net die Here wat al ons tye in Sy hand vashou, is die Meester hiervan.

En só is dit vir my ‘n voorreg om hiérdie pragtige dag van eg verbintenis, ten toon te stel vir julle kosbare vriende en familie en almal wie se lewens julle aanraak. Dankie dat ek in julle mooi getuienis van liefde en hoop kan deel. Dankie vir julle liefde vir die Here! Mag julle HOM raadpleeg in elke tree en Hy julle paaie gelykmaak.

Met soveel liefde, Lucinda

O, diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, en hoe onnaspeurbaar sy weë! Want wie het die gedagte van die Here geken? Of wie het as sy raadsman opgetree? Of wie het eers gawes aan Hom gegee, vir wie Hy dit sou moes vergoed? Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom kom die heerlikheid vir ewig toe! Amen. – Romeine 11:33-36

(more…)
 
© 2011 Photographic d'Art
Site powered by Dynamix