Getting married soon! – Charl & Alécha
I’m very excited to share Charl & Alécha’s wedding day soon! They are getting married at Plaas Oranje, in the Clarens-Fouriesburg district in the Free State. Beautiful Free State! Can’t wait! Look at them, head over heels in love! I love it, it’s food for my soul! xx Lucinda xx














http://www.crumptons.co.za
http://www.weddingguide.co.za/
Kleinkaap Boutique Hotel
l'Aquila
Hello Lucinda!
Vreeslik baie dankie vir jou moeite met ons fototjies! Hulle is pragtig en die klompie is verseker ook my gunstelinge! Ons sien baie uit om ons groot dag met julle te deel!!!
Dis amper, sien jou oor 11 daggies!!!
Groete daar!
Alecha
Hallo julle –
ek is in Mei maand getroud, en elke keer as ek op internet gaan, maak ek eerste julle website oop – al die foto’s in altyd ongelooflik mooi en julle boodskappe so inspirerend en opreg – veral hoe julle altyd God loof en prys vir Sy grootheid en almag – dis ‘n booskap op sy eie by elke foto!!! Die foto’s van die paartjie laat my terug verlang na ons plaas – hulle maak so mooi paartjie en mag hulle huwelik op God se standaarde rus en hulle Goddelike geluk en liefde elke dag ervaar!!! Ek huil sommer hier in my hart vanoggend, oor die foto’s wat my na die plaas verlang, die troue ( hulle s’n wat nog kom en wonderlik gaan wees) en sommer oor alles wat mooi en skoon is ( soos al julle foto’s altyd) – Hou so voort en mag God julle ryklik seen in alle opsigte – xxx Wilmie Smith – Pretoria.
Hi Wilmie,
Baie dankie vir jou mooi boodskap en eerlike deel van jou hart…dis juis hierdie dinge wat jy koester en raaksien wat jou so waarlik kind van God maak. Lekker om te weet ons het êrens ‘n sussie in Christus wat in gees met ons deel. Dankie vir JOU! Jou afhanklikheid van God, maak jou ‘n geseënde volgens Matt 5.
xxLucinda
xx Dankie Lucinda – ja, alweer op jul website… ek herleef met elke trou foto op jul “website” my eie troue weer – ek het vanoggend weer na ons boodskap van die Ds geluister op ons huweliksdag … ek besef net weer hoe ons geluk vorentoe afhang van ons getroue verhouding met HOM – 😉 Genadiglik ne!! Ek bid regtig dat julle boodskappe soveel mense daar buite mag raak en dat nie net jul pragfotos mense sal raak nie, maar elke woord elke siel na God sal lei… Sterkte vorentoe, mens kan sien jul leef jul passie uit asook (en belangrikste van alles – julle liefde vir God uit)… xx wilmie