Oom Tienie & Tannie Atrie se Goue Bruilof – 50 Jaar
Tienie en Atrie Terblanche is getroud op 19 November 1960. Hul troue was vasgevang op 8mm filmpies, Max Nowitz was die fotograaf en die klank van die seremonie en die onthaal was op langspeelplate opgeneem.
Die kosbaarste van alles was om geliefdes, waarvan baie al oorlede is, se stemme te hoor.
Wat `n wonderlike medium wat ons in staat stel om ryk herinneringe te herleef en te bêre vir die nageslag.
Baie geluk aan Oom Tienie en Tannie Atrie met julle Goue Bruilof!

Baie geluk Oom Tienie & Tannie Atrie! Dit is soooo ongelooflik spesiaal om julle troudag op hierdie manier te beleef. Pauli het vir julle iets amazing saamgestel…om te kan terugkyk, 50 jaar gelede, maak die impak van julle belofte en trou aan mekaar, soveel groter. Dis ‘n geskenk vir ons span ook, om werklik te kan verstaan wat die waarde van ons werk is in tyd. Dankie Pauli vir hierdie uitsonderlike produk waarmee jy nie net jou ouers, maar ons almal in die span, mee seën. BAIE BAIE liefde vir julle! Lucinda